Welkom
by die De Bruyn Web Werf.
Die
hoof doel van hierdie webwerf is om 'n register op te
stel van die De Bruyn familie. Daar bestaan alreeds
'n register : Geslagregister De Bruyn-De Bruin-Du Bruyn
(G.F.C. de Bruyn) ISBN 0 7969 0320 4, maar hierdie register
is in 1986 gepubliseer. Dus in die afgelope tyd is daar
baie De Bruyn's wat nie opgeneem is nie of ooit was
nie.
Daar
is slegs 300 boeke gedruk in
1986 en dus baie skaars. Dit is die langtermyn plan
om weer 'n register te druk of op CD uit te bring.
Daarom
word elke De Bruyn versoek om hul inligting beskikbaar
te stel om in die register op geneem te word. Vind onder
VORMS 'n vraelys van inligting wat waardevol is. Enige
afskrifte/skandeering van ou foto's/dokumente sal ook
waardeur word
Familie
groete,
Wilma
de Bruyn
|